Sunday, October 24, 2010

Strand Jetty


Ons Strand se Jetty

Dit is nou al ‘n geruime tyd dat die Strand se Jetty net so stil staan met daardie aaklige tralies rondom om die mense uit te hou, in plaas daar van om weer lewe te bring in een van ons oor die 100 jaar oue monumente wat al vir ons Helderberg inwoners en toeriste soveel plesier en goeie herhinderinge oor die jare gebring het..
Die fonds insameling om die Jetty te restoreer het “obviously” nie gewerk nie, wat vir my se dat of die oueres nie die nakomelinge die waarde en geskiedenis geleer het nie, of die inwoners skandelik genoeg net eenvoudig niks vir die Jetty voel nie!!
So wat gaan ons maak om hierdie wonderlike toerisme betrekking en bron van plesier te behou sodat ons kinders se kinders nog die selfde hoeveelheid plesier daar uit kan kry en voetspoortjies van liefdevolle herhideringe daarop kan agter laat..?
Dit help nie ons wil altyd kom met verskonings nie.. Ek verstaan ons almal is getref deur die resessie en dat niemand geld het om rond te gooi nie, maar die wereld het nie uit geld ontstaan nie!! Dit het ontstaan uit ons liefde vir wat ons in glo en wil beskerm..
Wat het geword van koppe by mekaar sit en klein bietjie moeite om dit wat vir ons waarde dra te beskerm of te red wanneer ons hulp benodig word..?
Ek gaan my Idee nou hier neer skryf en hoop om ‘n saadjie te plant, sodat elkeen wat hom self intelegent genoeg ag kan water gee om ‘n oplossing te kry en te help deur voer..
My Idee..
Die hout waarvan die Jetty gemaak is staan al oor ‘n honderd jaar in die see en is so hard dat dit met ‘n spesiale proses gesny en verwerk moet word wat slegs deur ‘n profesionele instansie met die regte toerusting uitgevoer kan word.. Dit se al reeds vir ons dat hierdie balke besonderse duursame waarde en potensiaal dra.. en dan praat ons nog nie eers van die sentimentele waarde wat dit vir inwoners, fakansie gangers en toeruste inhou nie..
Wat dink julle sal ‘n kroeg eienaar betaal om sy “counter top” daar uit te maak, en ‘n koper plaatjie daar op te monteer met ‘n kort beskrywing van die hout se oorsprong,  en ‘n foto van die oorspronklike Jetty teen sy muur te hang..? Soos bv. by Bart’s Tavern wat in die Pavilion reg langs die Jetty is..
Gebruik julle verbeelding mense.. dit is hoe  voertuie, T.V, Selfone, Internet en selfs ruimte tuie ontstaan het!
Ek dink ons moet die hout balke herwin en ‘n fandisie hou, waar enige iemand wat die regte idee vir hierdie kosbare balke kan vind ‘n regverdige kans kan kry om dit te kan aankoop en deur die Helderberg op kreatiewe maniere te versprei  om ons toerisme ens. te bevorder en die herhindering wat die Jetty vir ons oor die jare verskaf het lewendig te hou..
Ek mag dalk spekuleer, maar ek dink ons sal genoeg fondse invorder, om heelwat meer as 1 beton.. of dryf jetty’s  te bou, of selfs om 1 perfekte Jetty op te rig in sy plek waar ons pa’s vir ons klein hengelaartjies kan kweek en waar ons heen kan gaan vir ‘n lekker sondag middag piekniek of ‘n romantiese sons-ondergang stappie..
Los asb. ‘n comment as jy aan ‘n beter idée kan dink om te help.. of ons kan help om dit te laat gebeur..
My pa het my onlangs weer herhinder aan ‘n ou se ding wat hy so lief is om te gebruik..

“Gedeeld leed.. is halwe leed, en gedeelde vreugde.. is dubbel vreugde..


No comments:

Post a Comment