Sunday, October 24, 2010

ONS Perlemoen en 'n oplossing!!

“PikkiePerlemoen”

Wie kan onthou..? Ons voor ouers het dit SEE-KOUSE genoem.., knie diep in die water ingeloop en net genoeg afgehaal vir 'n heerlike potjie wat 'n familie kon voer..
Hulle verbied ons om ONS EIE perlemoen uit te haal, maar die komersiele duikery en stropery gaan net voort.. en verder sit ons met 'n massiewe werkloosheid syfer!!
Waarheen gaan ONS perlemoen geld..?!!! Hoekom baat ons geensins by iets wat deur ons skepper aan ons gegee is nie..?!!!, maar die bron word uitgeput, die habitat word vernietig en die regering doen absoluut niks daar omtrent nie, wat hulle kry mos belasting op alle uitvoere en hoekom sal hulle stropery dan nou stop as dit so 'n groot inkomste vir hulle bied..?!!! Dit is tyd dat ons beheer neem!!! Hulle het ons kosbare bron nou lank genoeg "MISHANDEL en MISBRUIK"!!!

HOU OP KLA EN EN DIE ONSKULDIGES STRAF EN DINK AAN “N OPLOSSING!!!
Ek is tans woonagtig in die Helderberg en ek is al 'n sport duiker van die ouderdom van 7 jaar oud af..
Soos ek verstaan gaan daar nou 150 ton perlemoen kwota beskikbaar gestel word..       
Wanneer daar na die perlemoen industrie gekyk word is daar 'n paar aspekte wat in ag geneem moet word..
Die hoeveelheid wat wettig beskikbaar gestel word..
Die koste en risiko wat so 'n opperasie vir die kwota houers en komersiele duikers inhou en die oorhoofse onkostes betrokke by so ‘n opperasie wat gespandeer word aan bv. huur of aankoop van bote, kompressors, petrol verbruik en selfs die toets van toerusting, ens. wat absoluut onnodig is!, want die geld wat onnodig bestee word beland nie in die regering of see vissery se hande vir marine bevordering nie en dit is dan juis die doel van hierdie noodsaaklike inkomste!
Die hoeveelheid geld wat op die ou einde van die dag wel in die regering se hande beland waarop hulle dit bestee en die bestuur van hierdie fodse om die bron te beskerm en bevorder.. en ook die swart mark wat hier ‘n geweldige rol speel.. en al vir die afgelope 10 jaar al die mark domineer as gevolg van die onbeheerbare stropery en korropsie  van staats amptenare en georganiseerde groepe wat miljoene rande betaal word om hierdie probleem hok te slaan..
Die moontlikheid dat perlemoen uitgeroei kan word en strategiese beplanning om kwaliteit toesig en beheer toe te pas oor die onwettige uit haal van perlemoen en die vernietiging van kosbare biologiese aktiwiteite onder die water  agv. koraal wat vertrap en beskadig word, doppe wat onder die water gelaat word en die perlemoen verwilder en wat die kosbare  habitat van die bron bepaal, en sodoende drasties beperk asgevolg van ongeskoolde en onopgevoede  duikers “stropers” wat nie die genoegsame kennis dra  of respek en disipline toe pas  vir hierdie noodsaaklike aspek nie..
Die feit dat hierdie bron ‘n reuse verandering kan bring vir werkloses wat al dekades se ondervinding het in hierdie sport en ‘n eerlike inkomste hier uit kan maak in samewerking met die staat en see visserye, maar ongelukkig magteloos is teen die yster hand wat  kwota uitreiking op ‘n onregverdige en korrupte wyse beslis..
Die ongelooflike ekonomiese inspuiting waar by elke toerisme betrekking kan baat in die vorm van snorkel  en scuba besigting en fotografie  vir onspanning en vermaak en komersiele gebruik, resturante , hotelle, gaste huise,  die gebruik van skulpe vir juwele ens. en die belasting wat sodoende ingevorder kan wod...
Die samewerking van die publiek sodat almal gemoedsrus kan he en sodat ons die bron kan beskerm en ons nakomelinge kan opvoed sodat hulle ‘n rede kan he om die wette te gehoorsaam en kwaliteit beheer toe te pas soder om bedreig te voel deur bendes wat  onskuldige wetsgehoorsames vermoor sodat hulle die bron kan misbruik om hulle bose kringloop van stropery tot dwelm verspreiding en georganiseerde misdaad te kan voort sit!
Laaste maar nie die minste nie.. ‘n oplossing wat neutraal kan staan tussen mens en natuur  sodat ons almal kan voordeel trek uit hierdie wonderlike bron wat deur die Skepper aan ons gegee is om op te pas en reg te bestuur net soos op enige ander natuurgebied  sodat die bron kan bly voortbestaan  en nie in ‘n bedreigde spesie verander nie..
Hoe gemaak..?
Hier is my voorstel..
Ons wil die stropers en die swart mark aankopers uit oorle.. sodat ons hulle fondse kan af vat wat gebruik word  vir dwelms, onwettige vuurwapen handel , en ander onwettige aktiwiteite..
Ons wil ‘n baie groter inkomste in die regering en SA Seevisserye  se hande sit vir die bevordering en beskerming van ons bron sodat ons almal nog vir jare wat kom daar uit kan baat..
So..
Kyk op die systeem wie die afgelope 10 jaar getroue permit houers was.. aangesien “stropers” nie permitte uit neem nie.. en die gene sal in aanmerking kom vir kwota..
Verdeel nou die 150 ton per seisoen deur die 3maande wat die seisoen verloop wat sal neerkom op 50 ton per maand.. deel dan daardie  50 ton deur  20kg per bestaans duiker per maand.. en dit gee vir ons 2500 kwota permitte wat uitgereik kan word en elke permit houer mag 20kg per maand uit haal..
Gee nou vir elke lid ‘n perlemoen kaart soort gelyk aan ons bloedskenk of video kaarte wat werk op ‘n punte stelsel..
Met die uitreik van elke permit sal daar ‘n kort kurses aangebied word vir die “moets en moenies” van die bedryf en algemene opleiding op hoe om die waarneming van onwettige stropers en hulle aktiwiteite te hanteer.. en waarvoor om te kyk om sulke karakters en hulle aktiwiteite te hanteer sonder om jou lewe in gevaar te stel..
Sit nou ‘n opstal in die vorm van ‘n wendy huis op stelte of soortgelyk op elke kus dorpie waar perlemoen en kreef voor kom, toegerus met ‘n skaal.. en ‘n staats amptenaar wat die inweging doen en die duiker se kaart in skandeer soos by ‘n betaal punt en die duiker se punte aan teken sodat die geld direk in sy rekening inbetaal kan word..
Die perlemoen kan net daar en dan verwerk word wat nog werk sal skep vir “Chuckers” en die doppe sal netjies verwerk en verpak word wat besigheids geleentheid sal skep vir entrepreneurs wat vaardigheid en kreatiewe denk vermoe het om dit te verwerk vir toerisme doeleindes..bv. gepoleerde doppe wat nou al vanaf R800 een verloop, juwele ens.  en terselfde tyd sal mariene navorsing toegepas word deur die staats amptenaar deur ‘n vooraf opgestelde vorm in te vul oor die see dier..  (Mates, geslags getalle per area ens.) van  “Perlemoen, Kreef, Vis en selfs aas.. ens.
Die duikers sal ook vergoed word vir die aanmelding en voorkoming van enige onwettige stropery en sal vergoed word met bonus punte wat op sy kaart sal verskyn en  ook in sy rekening betaal sal word..  sodat rekord gehou kan word van stroop aktiwiteite en die misdadiger aan die duiker “Anoniem en streng privaat”  gekoppel kan word sodat enige skade wat moontlik aan die duiker aangerig kan word direkte verbinding met die stroper/s wat aangekla is kan hou vir SAPD ondersoek..  (Hou asb. in gedagte dat daar 2500 staat gekontrakteurde duikers is wat nou reg om die kus versprei sal wees..) Dit sal dus bitter moeilik wees vir ‘n stroper om te identifiseer wie hom aan gegee het..
Die perlemoen sal aan die einde van elke seisoen kalender dag deur ‘n verkoeltrok kus langs ingevorder, ge evalueer  en aageteken word.. deur  ‘n mariene inspekteur .. Meer as een trok kan op roete gesit word aangesien tyd ‘n groot faktor is tussen  4uur en sonsondergang.. Die perlemoen sal  vervoer word tot by die naaste Polisie stasie waar dit in hulle koelkamer geberg sal word tot die einde van elke duik maand..
So doende sal See Visserye in samewerking met die regering die monopolie besit en dit beteken dat hulle sal kan bekostig om die duikers R500 per kg belasting vry te betaal en steeds ‘n R1500 per kg profeit kan maak plus die belasting daar op wat deur die plaaslike toerisme, uitvoere ens. betaal sal word..
Dit beteken dat, in plaas van ‘n handjie vol komersiele bote waaroor daar geen beheer is nie en wat absoluut geen kus toesig kan hou nie.. ons nou 2500 opgeleide en toegewyde duikers sal he wat reg rondom die kus sal toesig hou..
Feite is dat.. geen duiker  wat so ‘n kwota permit besit aan die swart mark sal verkoop nie, omdat die swart mark nie soveel sal kan betaal nie.. en buitendien sal so ‘n kwota houer nooit die risiko loop om ‘n wettige R10 000 ‘n maand inkomste op die spel te plaas en sy kwota permit permanent te verloor nie..
Die regering sal dit nou nie net vir kwota permit houers nie, maar vir alle vorm van bestaans visser manne vergemaklik deur alle wettige spesies, van vis, skulpvis ens. tot aas..  by die skale in te koop en werk skep vir “chuckers”, vis vlekkers, ens. en weer eens sal die staat ‘n reuse profeit op die plaaslike en uitvoer verkope daar van kan maak plus belasting..
Daar kan elke jaar voor die opening van die 3maande seisoen ‘n vergadering in Kaapstad gehou word vir alle vis, skulpvis en aaspermit houers om die nuwe reels en regulasies en strategiese beplanning vir teen misdaad aan te kondig..
Hierdie fondse wat deur seevisserye bestuur sal word.. kan nou bestee word aan goeie mariene en kusbewaring.. as ook Perlemoen en kreef plase en die reguleering van reservate sodat daar ‘n goeie balans in die hoeveelhede en verkeer om ons kus gehou kan word..
Die bevordering  en instandhouding van kus paaie, voetpaatjies  en ontspannings areas asook broei areas vir alle marine voel spesies  ens. en natuurlik sodat ons.. die inwoners en burgers van hierdie land wat elke dag ons sweet in hierdie land bele.. ons EIE see kos teen bekostigbare pryse kan aankoop vir  eie verbruik.. bv. Slegs  soveel aankope per huisgesin of persoon per maand mits so ‘n burger aansoek doen vir verbruikers lidmaatskap by SA see visserye en ‘n wettige ID kan toon.. sodat ons die verkope kan reguleer.. en ‘n waterdigte stelsel kan ontwerp vir uitvoer en komersiele verkope..
Ek mag dalk spekuleer, maar ek dink hierdie is ‘n goue geleentheid om weer ‘n bietjie hoop en moed te skep by ons mense regoor die land omdat, soos julle in my oppinie kan sien, elkeen van ons daar by sal baat.. van die permit houer, verbruiker ens. tot by die natuur liefhebber.. en Mariene bevordering..

 Soos ek verstaan is daar nou 2000 inspekteure aangestel net om die Suid Kus en ek wonder wie daar voor  betaal.. Belasting betalers..? Die selfde belasting betalers wat elke jaar getrou hulle permitte uit neem en nou nie 1rs 1 perlemoen vir hul self mag uit haal nie.. Ons smag al vir die smaak van ons eie see kos wat jaarliks skaamteloos uitgevoer word!! Ek hoop van harte julle kan my frustrasie verstaan.. Ek eet al perlemoen van dat ek verstand gekry het, maar wie baat nou hier by..?  Poachers en die Staat.. en waar los dit ons..? nog 'n jaar sonder die smaak van perlemoen terwyl ons getroue sport duikeers verby lee kolle en dop begrafplase moet swem waar komersiele duikers en poachers hulle merk gelos het om 'n knop in my keel te sit!!

Ek hoop om van iemand te hoor op die artikel, want hierdie seisoen kan julle maak met my wat julle wil.. As ek een vir my wil af haal om dit te eet.. gaan ek dit doen.. My familie gaan nie nog een jaar by my kla oor hoe lus hulle is vir ons lewenslange "treat" wat so onregverdiglik van ons ontneem is nie..!!

Gee my asb. julle opinie op my idée..
By voorbaat dank!
Jean Pierre.. AKA  “Pikkie Perlemoen”    ( ‘

Strand Jetty


Ons Strand se Jetty

Dit is nou al ‘n geruime tyd dat die Strand se Jetty net so stil staan met daardie aaklige tralies rondom om die mense uit te hou, in plaas daar van om weer lewe te bring in een van ons oor die 100 jaar oue monumente wat al vir ons Helderberg inwoners en toeriste soveel plesier en goeie herhinderinge oor die jare gebring het..
Die fonds insameling om die Jetty te restoreer het “obviously” nie gewerk nie, wat vir my se dat of die oueres nie die nakomelinge die waarde en geskiedenis geleer het nie, of die inwoners skandelik genoeg net eenvoudig niks vir die Jetty voel nie!!
So wat gaan ons maak om hierdie wonderlike toerisme betrekking en bron van plesier te behou sodat ons kinders se kinders nog die selfde hoeveelheid plesier daar uit kan kry en voetspoortjies van liefdevolle herhideringe daarop kan agter laat..?
Dit help nie ons wil altyd kom met verskonings nie.. Ek verstaan ons almal is getref deur die resessie en dat niemand geld het om rond te gooi nie, maar die wereld het nie uit geld ontstaan nie!! Dit het ontstaan uit ons liefde vir wat ons in glo en wil beskerm..
Wat het geword van koppe by mekaar sit en klein bietjie moeite om dit wat vir ons waarde dra te beskerm of te red wanneer ons hulp benodig word..?
Ek gaan my Idee nou hier neer skryf en hoop om ‘n saadjie te plant, sodat elkeen wat hom self intelegent genoeg ag kan water gee om ‘n oplossing te kry en te help deur voer..
My Idee..
Die hout waarvan die Jetty gemaak is staan al oor ‘n honderd jaar in die see en is so hard dat dit met ‘n spesiale proses gesny en verwerk moet word wat slegs deur ‘n profesionele instansie met die regte toerusting uitgevoer kan word.. Dit se al reeds vir ons dat hierdie balke besonderse duursame waarde en potensiaal dra.. en dan praat ons nog nie eers van die sentimentele waarde wat dit vir inwoners, fakansie gangers en toeruste inhou nie..
Wat dink julle sal ‘n kroeg eienaar betaal om sy “counter top” daar uit te maak, en ‘n koper plaatjie daar op te monteer met ‘n kort beskrywing van die hout se oorsprong,  en ‘n foto van die oorspronklike Jetty teen sy muur te hang..? Soos bv. by Bart’s Tavern wat in die Pavilion reg langs die Jetty is..
Gebruik julle verbeelding mense.. dit is hoe  voertuie, T.V, Selfone, Internet en selfs ruimte tuie ontstaan het!
Ek dink ons moet die hout balke herwin en ‘n fandisie hou, waar enige iemand wat die regte idee vir hierdie kosbare balke kan vind ‘n regverdige kans kan kry om dit te kan aankoop en deur die Helderberg op kreatiewe maniere te versprei  om ons toerisme ens. te bevorder en die herhindering wat die Jetty vir ons oor die jare verskaf het lewendig te hou..
Ek mag dalk spekuleer, maar ek dink ons sal genoeg fondse invorder, om heelwat meer as 1 beton.. of dryf jetty’s  te bou, of selfs om 1 perfekte Jetty op te rig in sy plek waar ons pa’s vir ons klein hengelaartjies kan kweek en waar ons heen kan gaan vir ‘n lekker sondag middag piekniek of ‘n romantiese sons-ondergang stappie..
Los asb. ‘n comment as jy aan ‘n beter idée kan dink om te help.. of ons kan help om dit te laat gebeur..
My pa het my onlangs weer herhinder aan ‘n ou se ding wat hy so lief is om te gebruik..

“Gedeeld leed.. is halwe leed, en gedeelde vreugde.. is dubbel vreugde..